Bestanddele – Poeding
1 Eier
200 g Suiker (1 k)
120 g Koekmeel (1 k)
5 ml Sout
12,5 ml fyn Appelkooskonfyt
12,5 ml Asyn
5 ml Koeksoda
250 ml Melk

Bestanddele – Sous
125 g Margarien (Oorspronlik resep het gese 250 g)
250 ml Ideal Melk
125 ml Kookwater
200 g Suiker

Metode
Klits Eier en voeg suiker by en klits tot goed gemeng. Sif koekmeelblom en sout saam en meng om die beurt met melk by eiermengsel. Meng appelkooskonfyt, asyn en koeksoda goed saam en voeg by eiermengsel. Skep in vuurvaste bak. Bak in voorverhitte oond teen 180ºC to goudbruin en gaar.

Metode Sous
Gooi alle bestanddele in ‘n potjie en verhit. Roer af en toe. Gooi die warm sous oor die poeding sodra die poeding uit die oond kom.

Wenk
Dien op met Wynsous.

Print Friendly
(Visited 6,260 times, 6 visits today)

One Thought on “Bruin Poeding (Onbekend)

  1. Charlotte' Nell on November 29, 2015 at 10:30 PM said:

    Gaan beslis probeer – klink heerlik dankie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation