Maalvleis en noedelgereg

Bestanddele
1 Pakkie skulpnoedels
Uie
Groenrissie
Maalvleis
1 Blikkie Tamatieroomsop
Gerasperde kaas
3 Eiers
3 Koppies melk

Metode
Kook 1 pakkie klein skulpnoedels tot sag volgens die aanwysings op die pakkie. Braai uie en groenrissie tot sag. Voeg pakkie maalvleis by. Roer tot maalvleis net net gaar is. Voeg 1 blikkie cream style sweetcorn en 1 blikkie tamatieroomsop by. Kook goed deur. Plaas laag skulpies in bak en dan maalvleis bo op. Strooi baie gerasperde kaas bo oor. Klop 3 eiers met 3 koppies melk en gooi bo oor. Bak by 180ºC tot lekker bruin. Genoeg vir ongeveer 6 mense.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 273 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui