Room Hoender Pot

Bestanddele
6 Hoenderdye
Barbeque speserye na smaak
250g Gesnipperde Bacon
60 ml Appelkooskonfyt
100 ml Water
15 ml Worcestersous
12 Klein geskilde uitjies
10 Klein heel aartappels
750 ml Gevriesde Gemengde groente
300 g Gesnipperde Sampioene
Aromat na smaak
1 Pakkie Oxtail Sop
1 Pakkie Dik wit uie sop
500 ml Room

Metode
Sprinkel barbeque speserye oor die hoender. Maak die pot warm en braai die bacon.
Voeg uie en die appelkoos konfyt by an braai tot die uie sag is. Skep die bacon en uie uit. Plaas hoender in die pot. Plaas die bacon en uie mengsel oor die hoender. Gooi water en Worcester sous oor die hoender. Plaas die deksel op en laat kook vir 15 minute. Plaas die klein uitjies en aartappels op die hoender en prut vir 10 minute. Plaas die groente en sampioene in die pot. Strooi Aromat oor en prut vir ‘n verdere 30 minute. Meng die sop en room en voeg by die potjie. Prut vir ‘n verdere 30 minute.

Wenk
Die room kan vervang word met 250 ml room en 250 ml melk, die potjie sal dan nie so ryk wees nie. Vervang die gevriesde groente met enige klein groente. Vir ons vriende oorsee. Julle kan net so lekker potjie maak op die stoof in die kombuis. ‘n Mens kan nie so lekker om die vuur kuier nie maar jy kan die smaak kry. Onthou net as ‘n potjie geroer word is dit stew.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,731 times, 4 visits today)
Advertisements
 

4 gedagtes oor “Room Hoender Pot

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui