Gebakte Spinasie Tamaties

Bestanddele
750 g Gekapte Spinasie (Gevriesde spinasie werk net so goed)
¼ k Gesmelte Margarien
1 k Broodkrummels
¼ k Gerasperde Parmasaanse Kaas (‘n Sterk Cheddar sal net so goed wees)
½ t Worcestersous
½ t Fyn Knoffel
Sout en Peper na smaak
6 Dik Snye Tamaties

Metode
Klits eiers liggies. Meng met al die ander bestanddele (Behalwe tamaties). Voorverhit oond tot 180º C . Olie ‘n bakplaat. Plaas tamaties op bakplaat. Sit van die mengsel oor die tamaties Bak vir 15 minute lank of totdat die mengsel begin kleur.

(Visited 73 times, 1 visits today)
Advertisements

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui