Tipsy Tert

Bestanddele Tert
1 k Gekapte Neute
1 k Gekapte Dadels
1 Eier
1 k Kookwater
1 t Koeksoda
1½ k Koekmeel
1 e Botter
1 k Suiker
1 t Sout
1 t Vanielje Essence

Bestanddele Stroop
½ k Kookwater
1½ k Suiker
1 e Botter
‘n Paar druppels Vanielje Essence
½ to ¾ k Brandewyn
Room

Metode Tert
Meng kookwater en koeksoda en gooi oor dadels. Laat dadels sag word. Klits botter, suiker en eier tot romerig. Voeg Vanielje Essence by. Sif al die droë bestanddele saam. Voeg die dadels by die botter mengsel. Meng nou die droë bestanddele by. Voeg neute by en meng deeglik. Plaas mengsel in tert pan. Bak teen 180ºC vir 30 tot 45 minute.

Metode Sous
Gooi suiker by kookwater en kook vir 5 minute. Voeg botter en ‘n paar druppels Vanielje essence by. Voeg Brandewyn by. Gooi stroop oor warm tert. Versier tert met styf geklitste room

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 3,724 times, 1 visits today)
Advertisements
 

2 gedagtes oor “Tipsy Tert

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui