Veronica se spinasie quiche ~ RSG

Bestanddele
300g vars spinasie
Halwe pakkie murgpampoentjies
Medium ui
Pakkie spek
4 eiers
500 ml Bulgaarse yoghurt
Halwe koppie kaas

Metode
Braai pakkie spek. Braai uie. Voeg spek by uie en braai saam. Voeg murgpampoen en spinasie by en kook oor lae hitte tot groente sag is. Gooi in ‘n oondvaste bak. Klits eiers en Bulgaarse yoghurt saam en gooi oor mengsel in bak. Bak vir 45 tot 60 min of tot gestol in voorverhitte oond teen 180 grade Celsius.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 190 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui