Broccoli slaai (1)

Bestanddele
Broccoli
Spek
Fetakaas
Mayonnaise
Ui
Suiker

Metode
Die aand voor ek die slaai maak, was ek die broccoli en sit dit dan in ‘n Ziplock sakkie. Die volgende dag is die broccoli kraakvars en stewig. Rasper ui en gooi suiker in die gerasperde ui (so 1 eetlepel suiker per ui). Laat vir minstens ‘n halfuur staan. Roer mayonnaise by die ui en suiker mengsel. Braai spek tot gaar en hou eenkant om af te koel. Breek broccoli in eetbare blommetjies, probeer die stingeltjies hou – dis die voedsaamste van die hele spul. Sny fetakaas (of enige kaas indien jy nie van feta hou nie) in blokkies. Meng alles saam en geniet.

(Visited 2,183 times, 1 visits today)
Advertisements

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui