Hoenderkebabs met grondboontjiesous

Bestanddele Marinade
15ml ligte bruin suiker
3ml kerriepoeier
30ml growwe grondboontjiebotter
60ml sojasous
60ml suurlemoensap
2 huisies knoffel (fyngemaak)
5ml vars gemmer (gerasper)
2ml droë chillipoeier
125ml hoenderaftreksel

Bestanddele Kebabs
2 hoenderborsies (ontbeen, repies gesny)
mielieblom of room (om sous te verdik)

Metode
Meng die bestanddele van die marinade. Plaas in ’n plat plastiese houer met ’n deksel. Ryg die hoenderrepies heen-en-weer (zig-zag) op die stokkies en plaas die kebabs in die marinade. Rol die kebabs in die marinade om dit goed te bedek. Laat oornag in die yskas of vries. Ontvries oornag in die yskas en braai oor die kole of onder die oondrooster. Plaas die orige marinade in ’n klein kastrolletjie en bring tot kookpunt. Verdik met mielieblom of room en bedien saam met die kebabs.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 148 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *