Post Toastie- Poeding

Bestanddele
1, 25 liter melk
150ml Vlapoeier
75ml + 250ml suiker
5 eiers geskei
125ml margarien
500ml Post Toasties
Appelkooskonfyt
125ml strooisuiker

Metode
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer 2 liter oondvaste bak. Berei vla van die melk, vla, en 75ml suiker voor. Voeg die eiergele by. Verroom die 250ml suiker en margarien en meng die Post Toasties liggies in. Skep nou hierdie mengsel in lae met die vla in die bak, eindig met ‘n laag vla. Smeer nou liggies appelkooskonfyt bo-oor! Klop eierwitte saam met die strooisuiker om meringe te vorm. Smeer of spuit die meringe oor die poeding en bak vir 10 min. tot goudbruin.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,679 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *