Bestanddele
100g vars stokvis of koningklip
of 100g gerookte skelvis
of 100g tuna
50g Mozzarellakaas
6 ekstra-groot eiers
30ml vars pietersielie (gekap)
1 huisie knoffel (fyngemaak)
1 ui
225g murgpampoen (gesny)
115g baba-aartappeltjies (gewas, gekook en middeldeur gesny)
115g gevriesde ertjies (ontdooi)
115g garnale (gekook en geskil)

Metode
Posjeer die vis, dreineer en breek in happiegrootte stukkies. Klits die eier en voeg die kaas, pietersielie en geurmiddels by. Verhit die olie in ’n groot, vlak pan. Voeg die knoffel, uie, murgpampoen en aartappels by. Roerbraai vir 2 – 3 minute. Voeg die ertjies, vis en garnale by. Gooi die eiermengsel bo-oor die bestanddele in die pan. Skakel die oond se roosterelement aan. Terwyl die eiers stadig gaar word, gebruik ’n spaan om die mengsel na die middel te stoot sodat die rou eier na die kante van die pan beweeg.
As die mengsel effe gestol is, plaas onder die oondrooster vir 2 – 3 minute of tot ligbruin.
Garneer met pietersielie, laat gly uit op ’n opdienbord en sny in skywe om te bedien.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 57 times, 1 visits today)
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation