Bestanddele Kors
1 pakkie (200g) Romany Creams, gekap
1 eetlepel (15 ml) kakao
3 eetlepels (45 ml) botter, gesmelt

Bestanddele Vulsel
500g (2x 250g) geroomde maaskaas, kamertemperatuur
½ koppie (125 ml) strooisuiker
200g melksjokolade
2 teelepels (10 ml) vanielje
3 eiers
1 koppie (250 ml) suurroom

Metode
Stel oond op 180 ºC. Kors: Meng gekapte koekies en kakao goed saam. Roer botter en koekiekrummels en druk op bodem van 20cm- losboomkoekpan vas. Hou eenkant. Vulsel: Smelt sjokolade in mikrogolf teen 70% krag of oor dubbelkoker tot glad en sonder klonte. Klits maaskaas, suiker en eier tot goed gemeng. Klits een eier op ‘n slag by maaskaasmengsel en klits goed na elke byvoeging roer suurroom by. Skep helfte van maaskaasmengsel op koekiekors. Roer gesmelte sjokolade by oorblywende maaskaasmengsel. Dit sal redelik styf wees. Skep lepels sjokolademengsel op mengsel wat reeds in koekpan is. Trek met mes patrone deur vulsel. Sit koekpan op bakplaat en bak 45min. of tot net in middel gestol. Die bakplaat keer dat daar nie botter op die element drup nie. Skakel oond af. Laat oonddeur bietjie oopstaan en laat in oond afkoel.

Print Friendly
(Visited 392 times, 1 visits today)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation