Wilma se lam-tagline

RSG

Bestanddele
Gebruik vleisstukkie en nie ‘n heel boud of blad nie.
Komyn
Koljander
Kaneel
Paprika
Sout en peper na smaak

Metode
Smeer die mengsel goed in vleis in en laat dit in trek vir 3 ure.

Bestanddele Sous
Uie
Vars gemmer, opgekap
Vars knoffel
Koljanderblare
Tamaties
Wyn (opsioneel)

Metode
Braai uie, knoffel en gemmer in ‘n bietjie olie. Sit vleis in oondbak en voeg uiemengsel by en gooi koljander, tamaties en wyn bo-oor. Plaas in voorverhitte oond en bak vir minstens 1 uur. Wanneer dit uit die oond kom, voeg knippie saffraan by wat in water geweek is, en ook ‘n bietjie heuning en koljanderblare. Bedien op basmati-rys.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 68 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *