Bestanddele
2 kg bruismeel
20ml bakpoeier
Sout
500g margarien
6 eiers
500ml suiker
750ml karringmelk
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer twee broodpanne. Sif droë bestanddele saam. Vryf margarien in. Room suiker en eiers saam en voeg karringmelk by. Voeg die droë bestanddele by die suikermengsel en knie goed. Maak bolletjies en pak dit teen mekaar in die panne. Bak vir 45 min.

Wenk
250 ml Klapper kan by die droë bestanddele gemeng word – dit gee aan die beskuit ‘n ekstra brosheid en geur.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 114 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Post Navigation