Sam se weelderige Londense tamatie-sous ~ RSG

Bestanddele
6 tot 8 tamaties in helfte gesny (hou skil aan – kan 2 blikke tamaties ook gebruik)
Roosmaryn, origanum , basilika (vars kruie – waar moontlik)
Skeut Olyfolie
Fyn gekapte knoffelhuisies
Sout en pepper na smaak
2 tot 3 teelepels suiker
2 eetlepels mascarpone-kaas of Crème Fraiche (room) of suurroom

Metode
Bedek die tamaties met olyfolie, kruie, knoffel, sout en suiker. Rooster oop in oond vir ‘n half-uur. Verpulp met room in voedselverwerker vir ‘n heerlike tamatie-sous .
Gebruik dit as ‘n sous oor pasta, of oor ‘n gebakte eier.

(Visited 79 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui