Aspersiegereg

Bestanddele
4 middelslag aartappels
1 blik aspersies
125g ham
125ml melk
40g margarien
15ml koekmeelblom
2,5ml bruinsouspoeier
Sout en peper
100ml gerasperde kaas

Metode
Voorverhit oond tot 200 °C. Smeer ‘n oondvaste bak met ‘n volume van 2 liter. Kook aartappels, dreineer en sny in blokkies. Dreineer die aspersies. Sny die ham in skywe en pak die aartappels, aspersies en ham in lae in die bak. Voeg 125ml van die aspersievloeistof by die melk. Berei ‘n witsous van die margarien, meel, bruinsouspoeier en die melkmengsel. Roer die sout, peper en kaas by. Giet dit oor die gereg en bak dit vir 25 min. Dien dit dadelik op.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 118 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui