Spekvleis-en-knoffel-rösti met avokadosalsa

Bestanddele
1kg aartappels (medium grootte)
150g botter
125g spekvleis (gekap)
1 ui (gekap)
2 huisies knoffel (fyngemaak)
3 groot aartappels
100g botter
sout en varsgemaalde swartpeper

Metode
Kook die ongeskilde aartappels tot gaar. Laat afkoel en skil af. Rasper die aartappels op die growwe kant van die rasper. Smelt 100g botter in ’n braaipan oor matige hitte. Braai die ui tot deurskynend en voeg die spek by. Braai vir nog 3 – 4 minute en voeg die mengsel by die gerasperde aartappels. Roer versigtig deur. Geur met sout en
varsgemaalde swartpeper. Smelt weer 20g botter in die pan en versprei die aartappelmengsel oor die bodem van die pan. Druk effe vas met ’n spaan en braai oor matige hitte vir ongeveer 8 minute. Plaas 20g van die orige botter in die middel van die aartappelmengsel. Plaas ’n groot bord oor die aartappel en keer die rösti daarop uit sodat die bruingebraaide kant bo is. Laat gly die rösti weer terug in die pan en braai weer vir 6 – 7 minute. Plaas rösti op ’n verhitte dienbord en bedien dadelik met avokadosalsa. Plaas die gebraaide sampioene op die rösti. Bedek met gesnyde kaas en plaas onder die oondrooster sodat die kaas kan smelt. Bak die eiers in ’n pan en rangskik bo-op die rösti (opsioneel).

Bedien dadelik met ’n groenslaai.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 145 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *