Beesvleis-en-groentekebabs

Bestanddele
1kg beesfilette of kruisskyf (in blokkies gesny) (lewer ongeveer 10 kebabs)
20 stukkies of blokkies van elk van die volgende (kies 4 – 5 soorte)
Murgpampoenskyfies, vlapampoentjies, klein uitjies of uisegmente, groen of rooi soetrissie, kersietamaties, pynappel, gekookte aartappel, sampioene, geweekte droëvrugte (appelkose of perskes)

Bestanddele Marinade
125ml wit of rooi wyn
125ml sonneblomolie
50ml worcestersous
10ml tamatiesous (opsioneel)
10ml suiker
sout en varsgemaalde swartpeper

Metode
Ryg die vleis en die groente van eie keuse beurtelings op stokkies of vleispenne. Meng die bestanddele vir die marinade en plaas in ’n plat bak. Rol die kebabs een vir een in die marinade om hulle goed te bedek en laat dan die kebabs vir ongeveer 1 uur marineer.

Braai onder die oond se roosterelement of oor die kole. Bedruip gereeld met die marinade. Braai tot die vleis mediumgaar en nie te droog is nie. Bedien op gegeurde rys met ’n geurige tamatie- of peri-perisous.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 86 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *