Bestanddele
167g cremora
83ml kookwater
200ml suiwelvrye kondensmelk
45ml suurlemoensap
2 druppels eiergeel kleursel

Metode
Los cremora in kookwater op en plaas in yskas totdat koud. Klop styf en klop gekondenseerde melk by. Giet suurlemoensap geleidelik by en klop tot styf. Giet in kors en versier met suurlemoenrepies.

Bestanddele Kors
4 koppies fyngedrukte cornflakes
30ml suiker
100ml blossom lite margarine
2g kaneel

Metode
Smelt suiker en blossom saam. Voeg kaneel by en meng met cornflakes. Druk vas in gesmeerde tertbord. Laat koud word in yskas voordat vulsel ingesit word. Die resep is voldoende vir 2 korse.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 108 times, 1 visits today)
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation