KAMMA KREEF

Malinda van Deventer

1.5kg. Kingklip vis
1 Ui, fyn gekap
3/4 kop. Tamatiesous
1 kop. Mayonaise
1 teel. Worctersous
Tabascosous, paar druppels
Sout en Peper
Advokadopeer skywe, opsioneel

Kook vis stadig in 1 liter water, 25ml. Asyn, sout en peper tot gaar, maar nie pap nie. Plaas vis in yskas om stewig te word.
Trek vel af en vlok vis. Voeg res van die bestanddele by, behalwe advokadopeer. Meng goed en verkoel. Sit voor op advokadopeer wat in suurlemoensap gedoop is, blaarslaai of toebroodjies.

(Visited 410 times, 1 visits today)
Advertisements

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui