Bestanddele
250ml suiker
15ml botter
1 eier
12,5ml appelkooskonfyt
15ml asyn
5ml koeksoda
250ml melk
250ml koekmeelblom
Knippie sout

Metode
Voorverhit oond tot 180°C. Smeer oondvaste bak met ‘n volume van 1,5 liter. Room die suiker by die botter. Voeg die eier, appelkooskonfyt en asyn by en klits goed. Los die koeksoda in die melk op en voeg by die eiermengsel. Voeg die koekmeelblom en sout by en meng goed. Skep die deeg in die bak en bak vir 30 min tot donkerbruin.

Bestanddele Sous
250ml room
250ml suiker
125ml botter
125ml kookwater
5ml vanilla

Metode
Kook room, suiker, botter, en water saam totdat die suiker gesmelt is. Voeg vanilla by en gooi oor warm poeding en laat intrek.

Print Friendly
(Visited 62,391 times, 60 visits today)

24 Thoughts on “Lekkerste Malvapoeding

  1. Lizel Malan on February 22, 2015 at 12:53 PM said:

    Dankie dat ons julle resepte kan gebruik om iets nuts in di huis te kan doen ve eetes en nageregte lekke dag ve julle

  2. Frandolene on March 8, 2015 at 2:57 PM said:

    I love ur recipes…please send me more…

  3. amanda on July 17, 2015 at 11:52 AM said:

    Gaan defnitief die poeding maak is mal oor malva poeding

  4. Lyk lekker!

  5. gerda marais on October 18, 2015 at 5:29 PM said:

    Dis die lekkerste malvapudding~dankie~my man en kinders is mal daaroor

  6. Adri Dirker on December 19, 2015 at 11:46 AM said:

    Dit is so maklik! Baie dankie vir ‘n lekker resep, nou kan ek my ouers oornooi vir ete en ‘n lekker pudding!

  7. Veronica de Brito on March 5, 2016 at 5:36 PM said:

    Very easy and very delicious……has become a family favorite. Thank you! 🙂

  8. Elanie on March 20, 2016 at 10:48 AM said:

    Lekker man, lekkerrrrrrr!!
    Dankie julle.

  9. Joey Odendaal on April 20, 2016 at 11:16 AM said:

    Die lekkerste lekker! Probeer gerus die poeding – dis maklik en héérlik!! Dankie vie die reseppie!!

  10. Natascha Otto on June 23, 2016 at 2:35 PM said:

    Vinnige vraagie, hoeveel porsies lewer dit, en kan ek dit makklik verdubbel of selfs trippel. Soek ‘n lekker resep wat tenminste 100 porsies lewer. Dankie.

    • admin on June 27, 2016 at 7:32 AM said:

      Ek het die volgende opgespoor vir jou op Lekker Resepte vir die jonger geslag:

      SOUTH AFRICAN MALVAPOEDING
      ( 100 Servings )
      • 20 tablespoons butter
      • 10 teaspoons white vinegar
      • 5 cups milk
      • 10 cups superfine sugar
      • 20 eggs
      • 10 tablespoons apricot jam
      • 13 1/3 cups cake flour
      • 10 teaspoons baking soda
      • 10 pinches salt
      Sauce
      • 10 cups heavy cream
      • 5 cups butter
      • 5 cups white sugar
      • 5 cups water or 5 cups orange juice or 5 cups sherry wine
      Preheat oven to 180 degrees.
      In a small pan over low heat, melt 2 tablespoons butter or margarine together with vinegar and milk.Remove from heat, and set aside.Sift flour, baking soda, and salt together into a separate bowl.Beat 1 cup sugar and eggs with an electric mixer on high speed until fluffy and light colored, about 5 minutes.Gradually mix in the apricot jam.Fold the dry ingredients into the egg mixture alternately with warmed milk mixture using a spatula.Pour batter into a greased, 1 quart oven-proof baking dish.Bake approximately 45 minutes, or until a knife inserted into the center comes out clean.Place cream, butter, 1/2 cup sugar, and water in a saucepan and stir over moderate heat until the butter has melted and sugar is dissolved.Do not allow the mixture to boil. Remove pudding from the oven, pierce several times with a skewer or fork, and pour the hot cream mixture immediately over the pudding.Serve hot or cold.
      Carol Elliott Claassen
      http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-nageregte.html
      Christabel Garisch
      ‘n wenk of idea vir baie mense malva poeding maak en bedien….Vanaand het ek Malva poeding gemaak, maar besluit ek gaan dit anders maak want daar was bitter baie mense. Ek het die beslag in muffin panne gaar gemaak, en toe baba malva poedings in n groot bak gesit en toe die sousie storie oor gegooi. Die porsies was perfek en was ‘n wenner! Gaan dit beslis weer doen!

  11. Pamela Jacobs on June 25, 2016 at 4:43 AM said:

    Heerlik. Soettande se lus word bevredig

  12. Martie van Wyk on June 26, 2016 at 1:00 PM said:

    Kan die suiker met die helfte verminder word. My mense hou van poeding maar die meeste is te soet.

  13. A V D Heever on July 24, 2016 at 7:17 AM said:

    Lekker.

  14. Esme Smith on August 7, 2016 at 8:05 PM said:

    Heeeeeerlike malva pudding!! Dankie.

  15. Bianca on October 14, 2016 at 5:10 PM said:

    Dit proe heeeeeerlik. Maar ek is nie baie slim met die hele gebakkery nie, kan ek raad vra? Hoekom het myne ‘n gat ingeval? Ek het nie die oond oopgemaak voor die tyd verby was nie.

    • My eerste reaksie is dat die oond nie wamr genoeg was nie of die poeding het nie lank genoeg gebak nie. EK sal uitvind by die baksters en jou laat weet.

  16. Christina on December 12, 2016 at 8:33 AM said:

    Ek het nodig om Malvapoeding vir ongeveer 40 mense te maak. Kan ek hierdie resep met sukses verdubbel en indien, sal dit genoeg wees vir daardie aantal mense?

  17. Suzette on December 21, 2016 at 9:02 PM said:

    Ek het dit gemaak, beslis n wenner nou wil my mense dit vir Kersdag ook he. Myne het n bietjie plat uitgekom, maar ek dink my bak was dalk te groot. Dankie vir resep dit smaak heerlik.

  18. Bianca on January 10, 2017 at 3:32 PM said:

    Hi

    Wil net weet vir malvapoeding resep die sous kan ek die room vervang met melk?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation