Bestanddele Kaaskors
½ koppie (125ml) botter, gerasper                                            
1 koppie (250ml) koekmeelblom
½ koppie (125ml) kaas, gerasper
Bestanddele Vulsel
100g biltong, in dun repies                                                            
300ml ongegeurde jogurt
2 eetlepels (30ml) parmesaankaas, gerasper                        
1 blik (340g) aspersielote, gedreineer
1 koppie (250ml) cheddarkaas, gerasper                                
4 eiers
80 ml melk
paprika en 2 eetlepels (30ml) parmesaankaas vir garnering
Metode
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Metode Kaaskors
Meng al die bestanddele tot ‘n stywe deeg. Druk vas op bodem en kante van bak met ‘n deursnee van 22 cm.
Metode Vulsel
Strooi biltong op tertkors. Klits eiers, jogurt, kaas, parmesaankaas en melk goed en gooi oor die biltong. Pak aspersies bo- op eiermengsel en strooi res van die parmesaankaas en paprika bo- oor. Bak 45 minute tot gestol.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 100 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Post Navigation