Bestanddele Kors
1 koppie (250ml) Bacon Kips koekies, fyngemaak               
70ml botter, gesmelt
Bestanddele Vulsel
2 bosse spinasie, skoongemaak, fyngekap en gaar gestoom
1 koppie (250ml) geroomde maaskaas                    
4 ekstra groot eiers, geklits
parmesaankaas                                                                                 
3 repies spek, grof gekap
1 middelslaag ui, fyn gekap                                                           
350ml suurroom
125g fetakaas
Metode
Voorverhit die oond tot 150 ºC. Smeer ‘n 20 cm losboomkoekpan met botter of bespuit met Spray & Cook. Meng die botter en koekiekrummels goed en druk op die bodem en effens teen die kante van die voorbereide koekpan vas en hou eenkant. Dreineer die gestoomde spinasie goed en druk dan in jou vuis droog om van al die vloeistof ontslae te raak. Braai spek tot half gaar, voeg die uie by en braai tot die uie sag en geurig is. Klits die maaskaas, suurroom en eiers goed saam. Roer die spekmengsel asook die spinasie by.  Roer die fetakaas in en giet in die voorbereide kors. Bak 1 ¼ uur lank tot ferm en goudbruin. Sprinkel ‘n bietjie parmesaankaas oor en laat staan vir omtrent 30 minute om stewig te raak. Bedien louwarm of teen kamertemperatuur.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 201 times, 1 visits today)
Advertisements
 

2 Thoughts on “Afrika Tert

  1. sally van schalkwyk on February 28, 2018 at 4:41 PM said:

    Middag ek wil graag hoor kan die tert oornag in die yskas gehou word.

     

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation