Bestanddele
500g gerookte snoek                                                                     
3 eetlepels (45ml) botter 6 medium aartappels, gekook, geskil en in skywe gesny     
1 groot tamatie, in skywe gesny
1 eetlepel (15ml) Parmesaan, gerasper                 
 klien bietjie botter of margarien
2 groot uie, in dun ringe gesny                                  
125g cheddarkaas, gerasper
1 ½ koppie (375ml) room of dun witsous                              
sout en varsgemaalde swartpeper
½ koppie (125ml) vars broodkrummels
Metode
Voorverhit die oond tot 180 ºC. Verwyder vel en grate en vlok die snoek. Braai uie in botter of margarien tot sag. Plaas ‘n laag aartappels in ‘n gesmeerde oondskottel, voeg ‘n paar uieringe by en skep ‘n bietjie snoek daar op. Strooi kaas bo-oor. Geur met sout, indien nodig, en ‘n goeie skoot gemaalde peper. Herhaal lae en eindig met aartappels.  Rangskik tamatieskywe bo-op. Giet room of witsous oor en werk dit met ‘n kleinerige lepel deur tot op die boom van die skottel. Meng res van die kaas en broodkrummels, strooi bo- oor en stip met botter of margarien. Bak ongeveer 35 minute of tot goed warm en goudkleurig.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 903 times, 1 visits today)
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation