Bros hamhappie

Bestanddele
100g gaar ham, fyngesny                                                               
250g skilferkorsdeeg
30ml pietersielie, fyngekap                                                          
2,5ml gekapte kruisement
50g cheddarkaas, fyngerasper                                    
2ml sout
Varsgemaalde swartpeper na smaak                                       
Knippie rooipeper
Metode
Rol die skilferkorsdeeg vierkantig uit. Meng die res van die bestanddele en versprei oor die deeg. Rol die deeg op en verkoel vir 30 minute. Sny die rol in 1cm skyfies en plaas op bakplaat. Bak in voorverhitte oond by 200ºC vir 10 minute tot goudbruin.
(Visited 74 times, 1 visits today)
Advertisements

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui