MOSTERDHOENDER

halwe koppie koekmeelblom                                     
2 mediumgrootte uie, fyn gekap
2 teelepels Aromat                                                  
1 blokkie hoenderekstrak, fyngekrummel
1 teelepel sout                                                         
400 ml kookwater
knippie peper                                                            
50 ml matige soet mosterdsous (soos Cerebos)
1,5 kg hoenderporsies                                          
50 ml blatjang
5 eetlepels sagte bruin suiker                                      
3 t maizena

Sif meel, Aromat, sout en peper saam.  Rol hoenderporsies daarin tot goed bedek.  Braai porsies aan weerskante tot goed bruin in warm kookolie.  Skep hoender in enkele laag in oondvaste skottel met deksel.  Braai uie tot goudbruin in pan waarin hoender gebraai is.  Los hoenderekstrak in kookwater op.  Meng die mosterdsous, blatjang, suiker en maizena goed saam en meng dit met die hoenderaftreksel  (hoenderblokkie en kookwater).  Voeg dit by die gebraaide uie en laat die sous opkook.  Skep die sous oor die hoenderporsies.  Sit die deksel op en bak 90 tot 120 minute by 160ºC.
Lewer 6 ‑ 8 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 931 times, 4 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui