BUTTERNUTSLAAI.

Baie dankie vir jou resep Alida Schultz
Goeie dag al die Kokke,
Hier’s weer ‘n paar resepte vir jul!! Sommer my eie!
Benodighede:
1 Butternut
1 Pak “gemengde blaai slaai”
1 ui
1 groenpeper
Italianse tamaties
1 pak calamata olywe
kom-kommer
Feta kaas
Swartpeper
Marina Braaisout
Olyfolie
Balsamic asyn
Pypkaneel
Vars knoffel (fyngekap) of knoffelflokkies
METODE
Sny butternut in lang repe (soos aartapelskyfies), strooi pypkaneel, knoffel, swartpeper, braaisout en olyfolie  (moenie suinig wees met die olie nie want dit word die slaaisous) oor en bak in warm oond tot “al dente” , laat afkoel.Berei solank die res voor. Ek gebruik ‘n vlak slaaibak of vleisbord of selfs ‘n mooi skikbord werk ook goed. Pak lae van die blaarslaai (die gemengde pakke wat mens koop werk maklik , daardie met die rocket, botterblare, ens almal saam in ‘n pakkie)mooi uit in die bak. Rangskik nou die res, kom-kommer, uie (in ringe gesny) , groenpeper (in ringe gesny) tamaties (pak lekker oral rond) olywe, feta kaas (in blokkies gesny) bo-op, dan die afgekoelde butternut, meng nou die olyfolie waarin die butternut gebak is met balsamic asyn en gooi oor slaai net voor bediening.
Variasies: ( Die volgende kan bygevoeg word)
Gekookte eier (in kwarte gesny) .Gebraaide broodblokkies, Pynappelrepe (soos vingers gesny) Spanspekrepe , Dun gesnyde vars wortel.
Laat jou gedagte gaan, hier kan werklik enige iets bygevoeg word, die slaai is ‘n wenner en kan dien as ‘n middagete ook, veral as jy kouehoender stukkies of tuna byvoeg.
(Visited 142 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui