Koffiekoek

 

 

Dankie vir jou resep Jan v Niekerk
375 ml Meelblom
15 ml Bakpoeier
5 ml Sout
15 ml Kitskoffie-poeier
5 ml Fyn Kaneel
5 ml Gemengde speserye
3 Eiers geskei
180 ml Wit suiker
100 ml Olyfolie
100 ml Sterk swart koue koffie
5 ml Venieljegeursel
Metode:
Sif die droë bestanddele saam. Klits die eiergele en ander bestanddele vir 3 minute saam. Voeg die meelmengsel by die eiermengsel en meng goed deur. Klop die eierwitte styf en vou by die mengsel in. Verdeel die mengsel gelyk tussen twee gesmeerde 200mm ronde koekpanne. Bak in voorverhitte oond by 190°C vir 20 minute. Keer uit op draad droograk en laat heeltemal afkoel. Versier met koffie gegeurde botter versiersel. Lewer een dubbel-laag koffiekoek.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 242 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *