MURGPAMPOEN EN WORTEL KOLWYNTJIES

Dankie vir jou resepte Charlene

BESTANDDELE
500ml Bruismeel
125ml Sagte bruinsuiker
3ml Koeksoda
5ml Fyn kaneel
5ml Gemengde speserye
250ml Fyn gerasperde wortels
250ml Fyn gerasperde murgpampoen
100g Gekapte okkerneute
2 Eiers
300ml Laevet melk
90ml Margarien gesmelt

METODE
Sif eerste 5 bestanddele in ‘n groot mengbak.
Vou gerasperde wortel, murgpampoen en okkerneute in.
Klits eiers, melk en margarine tot goed gemeng.
Voeg by meel mengsel en meng goed.
Skep in gesmeerde kolwyntjie panne.
Bak by 180⁰C vir 25-30minute.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 459 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui