Potjie- Boeliebiefpasteitjies

Hierdie resep kam van Johan v Niekerk af

Deeg:

1 k Koekmeel
5 ml Bakpoeier
3 ml Sout
2 Eiergele gemeng met 200 ml louwarm water
30 ml Suurlemoensap
100 ml Harde botter
Vulsel:
1 Blik Boeliebief
125 g Sampioene, in skyfies gesny
30 ml Botter
 2 Groot eiers
1 Eetlepel Engelse mosterd
250 ml Tamatiesous
3 ml Sout
5 ml Swartpeper
Metode:
Deeg:
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Klits die eiergele en die water saam. Sny die botter by die meel in en vryf tot dit krummels vorm. Sprinkel die eiergeel en suurlemoensap oor en sny die deeg in met twee tafelmesse tot die mengsel in klonte aanmekaar kleef. Druk die deeg liggies saam met die vingerpunte om ‘n glade deeg te vorm. Okaas die deeg vir 20 minute in die yskas. Rol die deeg met ‘n koekroller tot pannekoekdikte uit in ‘n vierkant van 30 x 30 cm. . Rol aanmekaar weg van jou lyf en nie heen en weer nie. Sny die deeg in 5cm vierkante. Skep ‘n lepelvol van die vulsel op elke vierkant en vou toe. Druk goed vas met ‘n vurk en pak in ‘n gesmeerde no.8B platboompot. Bak oor matige kole met ‘n paar kole op die deksel vir 30 minute. Lewer 25 pasteitjies.
Vulsel:
Maak die boeliebief met ‘n vurk fyn. Verhit die botter in ‘n swaarboompan en braai die sampioene vir 10 minute. Voeg die sout en peper by en laat afkoel. Meng die eier, mosterd en tamatiesous saam en voeg by die boeliebief. Meng goed deur.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 740 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui