SOET EN SUUR SOUS

Hierdie heerlike sous kom van Okkie C. Jansen van Vuuren

BESTANDDELE
2/3 Koppie rys asyn
8 Eetlepels bruinsuiker
4 Teelepels Mazina aangemaak met 4 teelepels water
2 Eetlepels tamatie sous (All Gold)
2 Teelepels soja sous
METODE
Meng die asyn, bruinsuiker, tamatiesous en soja sous saam en bring tot kookpunt in klein kastrol. Voeg die maziena by en roer om te verdik.
Vir ‘n deftiger een kan jy ‘n green pepper en en ‘n half koppie pynppel stukkies saam met maziena inroer
As die sous te dun is vir jou maak Maziena ‘n teelepel meer
Indien jy nie rys asyn kry nie kan jy driekwart wit asyn en kwart balsamiese asyn probeer
(Visited 3,466 times, 3 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui