Ryspoeding

Dankie vir die lekker resep Jan van Niekerk
1 Koppie rys
200 ml Klappermelk
150 ml Water
1 Teelepel fyn kaneel
6 Eetlepels bruinsuiker
4 Eetlepels egte botter
2 Bounty-sjokoladestafies, fyn gekap
8 Eetlepels klapperroom
Vanilla roomys om meet e bedien
Metode:
Verhit die oond tot 180°C. Plaas die rys, klappermelk en water in ‘n kastrol met deksel op en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut vir 15 minute. Haal die deksel af en roer die kaneel en bruinsuiker by. Plsaas die deksel terug en haal van die warm plaat af. Laat so staan vir 5 minute in die kastrol. Maak 4 groot ramekins halfvo; met die rysmengsel en roer 1 eetlepel botter by elkeen in. Druk die mengsel plat en deel dan die sjokolade tussen die vier ramakins. Sprinkel ‘n eetlepel suiker oor elke ramekin. Plaas hulle in die oond en bak vir 5 minute. Draai die oond op “Grill” en laat die suiker bruin word, dit neem so 3 minute. Hou dop dat hulle nie brand nie. Haal uit die oond en skep twee eetlepels klapperroom in elke bakkie. Bedien dadelik met ‘n skeppie vanilla roomys langsaan.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 155 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *