Wors en Eier Ontbyt

Wors en Eier Ontbyt (Jan)
Lewer 50 porsies
15 kg Wors
50 Eiers
10 ml Sout
10 ml Varsgemaalde swartpeper
5 kg Aartappels
15 ml Sout
750 ml Melk
250 g Botter
10 ml Witpeper
Metode:
Onder is ‘n tuisgemaakte worsresep as jy jou eie wors wil maak. Dit is baie lekker wors.
Skil die aartappels en plaas in ‘n driebeenpot. Voeg die 15 ml sout by en bedek met water. Bring tot kookpunt en verlaag die hitte deur van die kole uit te krap. Kook die aartappels vir 30 minute. As daar nog vloeistof oor is, dreineer dit. Druk die aartappels fyn, voeg die botter en melk by en meng goed deur.
Braai die wors oor matige kole tot net gaar, maar nie droog nie.
Gebruik ‘n groot vlekvrye staal braaipan en verhit oor matige kole. Voeg bietjie olie in die pan en bak die eiers sodra die aartappels en wors gereed is.Geur met die sout en peper.
Lekker tuisgemaakte wors:
Lewer 50 porsies
9 kg Beesvleis
6 kg Varkboudvleis
100 g Geskroeide, gestampte koljander
40 g Varsgemaalde swartpeper
10 g Kaneel
10 g Fyn Naeltjies
20 g Neutmuskaat
200 g Seesout175 ml Worcestersous
500 ml Asyn
40 g Bruinsuiker
Metode:
Sny die vleis in blokkies en meng die res van die bestanddele deeglik daarby in. Maal die vleis en stop die derms, kies derms wat nie te dik is nie. Plaas oornag in die yskas, sny in porsies en braai.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 256 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui