Baie dankie vir hierdie resep Jan van Niekerk
SLAAISOUS:
30 ml Witwynasyn
125 ml Olyf olie
3 ml Swartpeper
3 ml Fyn knoffel
15 ml Dijon Mosterd
5 ml Suiker
SLAAI:
1 kg Baba-aartappels in skil
15 ml Olyfolie
2 Klein uitjies dun gesny en ringe uitgedruk
1 Rooi soetrissie in repies gesny
500 g Gaar Boerewors in skyfies gesny
10 ml Vars Tiemie gekap en
50 ml Vars kerwel gekap (.n soort krui in engels is dit Chervil)
Metode:
Klits alles vir die sous saam tot goed gemeng. Kook baba-aartappels in soutwater tot net sag en dreineer.  Braai ui en soetrissie tot sag in die olie. Voeg wors stukkies en tiemie by en meng liggies deur. Giet warm slaaisous oor en meng deur.  Meng nou die kerwel in.  Bedien terwyl nog louwarm. LW. Aartappeltjies kan in halwes of skywe gesny word.
Lewer 8 porsies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 92 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation