Aartappelslaai met pynappel en hoender

 

Dankie vir jou bydrae Jan
3 tot 4 Groot pynappels
60 ml Kookolie
20 ml Dragon-asyn
7 ml Suiker
2 ml Sout
30 ml Fyngekapte grasui
1 ml Tabascosous
750ml Hoender in blokkies gesny
500 ml Gekookte aartappel in blokkies gesny
190 ml Seldery fyn gekap
125 ml Gekapte komkommer
250 ml Cross & Blackwell Mayo
Swart olywe en Pietersielie vir garnering
Metode:
Sny die pynappel middeldeur en skep die vleis uit. Hou die doppe eenkant. Verwyder die harde kern en kap die res van die pynappel fyn.. Meng die olie, asyn, suiker, grasuie en tabascosous en klits goed.  Giet dit oor die hoender wat met die aartappel, seldery, komkommer en pynappelblokkies gemeng is. Marineer vir 3 ure. Voeg die Mayo by om die slaai klam te maak. Proe of dit sout genoeg is. Skep dit in die pynappeldoppe en garner met olywe en pietersielie. Sit voor as ligte maaltyd. Lewer 6 porsies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 261 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *