Biltongpot

500g gesnyde biltong
500g pasta (enige vorm, maar spaghetti pas nie so lekker nie)
250g botter (of margarien as jou gewete pla)
1 gekapte ui
1 pakkie gesnyde sampioene
2 Green Peppers in repe gesny
250g Bacon bits
1 blik pit mielies
lekker groot lepel gekapte knoffel
2 pakkies kits witsous handvol gekapte kruie
250ml room
250ml gerasperde kaas

Metode:
Smelt die botter, braai die uie, knoffel, green pepper, sampioene en bacon tot die geur almal begin nadertrek. Gooi nou die biltong so in ‘n lekker laag oor hierdie braaisel. Maak van hier af seker dat jou hitte baie saggies is.

Dis ‘n kuierpot, nie ‘n wegneemete nie! Gooi jou pasta en pit mielies nou oor hierdie kontrepsie. Maak die pakkies kitssous met genoeg kookwater aan om alles te bedek. Maak toe en kuier rustig. Elke keer as jy wil glas volmaak, maak jy net seker daar is nog vloeistof in die pot. Na so ‘n uur begin jou mond behoorlik water.

Gooi die room en kaas oor en meng goed deur. Los dan nog op hitte vir 15 min tot kaas lekker gesmelt is en Haal dan van die hitte af,  Selfs pasta-haters eet hul lippe af!

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 551 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *