MANGO-KERRIE-HOENDERSLAAI

2 middelslagmango’s, in blokkies gesny
9 hoenderdye, gerooster blaarslaai vir garnering
30ml grasuie, gekap.

Sny afgekoelde hoenderdye in skywe. (Verwyder vel). Plaas hoender en mango in mengbak. Skep kerrie-mayonnaise-sous  bo oor en meng deur. Bedek bak met kleefplastiek en plaas een uur lank in yskas. Rangskik  blaarslaai op opdienskottel  en skep hoenderslaai  in die middel. Sprinkel grasuie bo-oor. Lewer 4 porsies.

KERRIESOUS
10ml olie
30ml gekapte uie
10ml matige kerriepoeier
80ml fyn appelkooskonfyt
125ml water
250ml mayonnaise of slaairoom

Soteer die uie in die olie totdat deurskynend. Voeg kerriepoeier by en braai ‘n rukkie saam. Voeg appelkooskonfyt en water by en laat 5 minute kook. Laat afkoel en voeg mayonnaise by

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,893 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *