BEESSTERT Broodjie

1 pak (500g) bruismeel                                
1 pakkie beesstertsoppoeier
1 houer (500ml) karringmelk                            
125ml gerasperde kaas knypie rooipeper

Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C.   Smeer ‘n broodpan  (20 x 14 x 7cm).
Meng die bruismeel, soppoeier en karringmelk goed saam.  Skep die deeg in die pan en maak dit gelyk.  Strooi die kaas en peper oor en bak 1 uur lank op die middelste oondrak.  Keer op ‘n draadrak uit en laat afkoel.

(Visited 480 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui