Baie dankie vir jou resep Jan.

Hierdie is ‘n dibetiese vriendelike resep.
Marinade:
250 ml Griekse jogurt
5 ml Gemaalde knoffel
45 ml Gekapte pietersielie
5 ml Droë tiemie
4 Hoenderfilette in dik repe gesny
8 baba-aartappels, in skil gekook
15 ml Botter
Gerasperde skil van 1 suurlemoen.
5 ml Sout
5 ml Varsgemaalde swartpeper
Metode:
Voorverhit die oond tot 200°C
Marinade:
Meng al die bestanddele vir die marinade. Plaas die vleisrepe in ‘n bak en giet die marinade oor. Meng deur. En plaas in yskas vir 30 minute. Pak die vleis op ‘n bakplaat, giet die oorto;;oge marinade oor en oonbraai vir 20 minute.
Aartappels:
Meng die bestanddele, kneus die aartappels effens en meng met die bestanddele. Sit voor saam met die hoender. 
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 163 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Post Navigation