KOLWYNTJIES

(Lewer 40)

250 ml melk
25g (30ml) botter/margarien
375 ml suiker
3 eiers, geklits
500 ml koekmeel, gesif
5 ml sout
10 ml bakpoeier
5 ml vanielje
Mikrogolf melk en smeer 2 – 3(3-4) minute by volle krag.  Sit opsy.  Klits suiker geleidelik by eiers in om ‘n romerige mengsel te verkry.  Vou meelblom en sout by eiermengsel in, strooi bakpoeier bo-oor, voeg melk en geursel by en meng goed.  Plaas 6 verdubbelde papiervompies in ‘n mikrogolf-muffinpan en skep elk half vol beslag.  Mikrigolf 1,5 – 2 (2 – 3) minute by volle krag, lig kolwyntjies met vormpies en al uit pan en sit opsy om af te koel.  Herhaal prosedure tot al die beslag opgebruik is.  Versier na wens.
(Tyd in hakies is vir 500-watt-oonde)
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 189 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui