500 ml koekmeelblom, gesif
150 ml kakao
10 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
2 groot eiers
310 ml strooisuiker
250 ml mayonnaise (*)
250 ml water
5 ml amandelgeursel
*Egte mayonnaise, nie verslankings- of geurige soort nie.
Sif meelblom, kakao, bakpoeier en koeksoda saam.  Klits eiers en strooisuiker tot lig en romerig en vou by droë bestanddele in.  Meng mayonnaise, water en vanieljegeursel goed en roer by beslag in.  Skep beslag in ‘n liggies gesmeerde 240mm-tuitbak waarvan die boom met absorberende kombuispapier gevoer is.  Mikrogolf 8 – 10 (11 – 13,5) minute by 70% krag.  Laat 10 minute staan en keer dan op ‘n draadrak uit om af te koel.
Bolaag:
250 ml wit suiker
250 ml warm water
60 ml (50g) margarien
40 ml kakao
50 ml koue water
50 ml mielieblom
Plaas 60 ml fyn appelkooskonfyt in ‘n klein glasbakkie en mikrogolf dit 30 (40) sekondes by volle krag.  Bestryk hele koek daarmee.  Meng suiker, warm water, smeer en kakao.  Meng koue water en mielieblom, voeg by kakaomengsel en mikrogolf 4 (5,5) minute by volle krag – roer twee maal tussendeur.  Giet warm mengsel oor koek.  (Tyd in hakies is vir 500-watt-oonde).
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 279 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation