Dankie vir jou resep Jan
1 Medium groote koolkop
125 g Regte botter
1 Houertjie room
Aromat
Knoffelsout
150 g Kaas in skywe gesny
Metode:
Verwyder die buitekantste blare. Sny die koolkop in skywe so 3cm uitmekaar soos wat jy ‘n knoffelbrood sal sny. Moenie deursny tot onder nie. Die koolkop moet nog onder aanmekaar wees.
Sny die botter in skywe en pak in die gleuwe saam met die kaas onderskeidelik.­ Sprinkel mildelik met Aromat, knoffelsout of enige ander geurmiddel waarvan jy hou. Gebruik nou twee lang stukke swaar foelie en plaas dit oormekaar in die vorm van ‘n kruis. (Blink kant binne) Vou die kool nou versigtig toe en maak seker daar is nêrens ‘n gaatjie nie. Los net ‘n klein opening aan die bo-kant. Gooi nou die room by die opening in en maak die kool deeglik toe. Dit is belangrik dat die kool baie goed toegedraai is. Gebruik meer foelie indien nodig. Sit die koolkop nou in die kole en bak so ongeveer ‘n 1uur. Die kool sal heerlik sag wees en is ‘n treffer. Tot die kinders eet kool!
Vir variasie kan jy gebraaide spek en sampioene ook bysit. Heerlik
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 118 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation