MALVALEKKER TERT

1 blik kondensmelk                                               
1 groot blik Ideal melk

2 pakkies tennis beskuitjies                               
500 g malvalekkers
1 pakkie cherries                                                     
4 piesangs, in skyfies gesny
500 g “crushed pineapple”                                  
halwe koppie vars suurlemoensap
Snipper lekkers en cherries en gooi saam met piesangs en pynappel in bak.  Gooi suurlemoensap en kondensmelk in aparte bak en klop tot styf.  Klop Ideal melk styf.  Vou lekkermengsel by kondensmelk‑mengsel en meng goed.  Vou styfgeklopte melk by.  Pak in lae met beskuitjies.  Laat stol in yskas.  (Ook lekker in klein tertdoppies.)
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,108 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui