Koringslaai (1)

 

Dankie vir jou resep Okkie

Slaai
1 klein ui fyn gekap
1 rooi soetrissie ontpit en fyngekap
½ koppie pitlose rosyne
50 g amandels fyngekap
2 selderystingels fyngekap
2 eetlepels fyngekapte kruisement blare
½ blik (200g) pitmielies
2 koppies rou koring
1 eetlepel fyngekapte pietersielie

Metode
Kook die koring ongeveer 25 minute of tot net sag in soutwater. Dreineer en spoel goed af met kraanwater. Laat afkoel en meng goed met ander bestanddele

Slaaisous
Skil en sap van ‘n groot suurlemoen
1 eetlepel bruinsuiker
2 eetlepels goeie olyfolie
1 teelepel aangemaakte mosterd van jou smaak
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Meng in klein kastrol oor lae hitte tot suiker opgelos is. Verkoel, meng met slaai en hou in yskas tot bedien

Ns jy kan die mosterd met kerriepoeier van jou keuse vervang maar dan moet slaai minstens ‘n uur in yskas bly om smaak te ontwikkel.

As variasie kan jy 200g gaar biefstuk blokkies of 200g gerookte hoender blokkies byvoeg

Probeer ook enige ander slaaisous waarvan jy hou

(Visited 2,310 times, 2 visits today)
Advertisements

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui