Baie Dankie vir jou Resep Lenie van Jaaarsveld
200 g margarien
250 ml strooisuiker
3 XL eiers
500 ml koekmeelblom
15 ml bakpoeier
25 ml fyngerasperde suurlemoenskil
30 ml papawersaad
200 ml melk

1.  Voorverhit oond tot 180ºC.
2. Klits margarien en suiker tot lig en romerig.
3. Klits eiers en voeg geleidelik by bottermengsel terwyl heeltyd geklits
word.
4. Sif droe bestanddele en vou om die beurt met suurlemoenskil,
papawersaad en melk by geroomde mengsel in.
5. Skep beslag in voorbereide pannetjie en bak in oond vir sowat 50
minute.
Stroop:
150 ml strooisuiker
90 ml suurlemoensap
20 ml fyngerasperde suurlemoenskil
15 ml ekstra strooisuiker
1.  Plaas suiker en suurlemoensap in klein kastrolletjie en laat oor matige
hitte oplos terwyl voortdurend geroer word.
2. Voeg suurlemoenskil by en laat prut vir 1 minuut.
3. Gooi stroop oor warm koek en laat koek effens afkoel in pan voor dit
uitgekeer word.
4. Sprinkel orige strooisuiker oor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 413 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Post Navigation