Appelasyn II

Hier is die beloofde opvolg die Appelasyn artikel. Ek val sommer dadelik met die huis in die met die deur met al die rate. Onthou net dat siektes baie oorsake het en as jy appelasyn gebruik en dinge word nog nie beter nie binne ‘n paar dae nie, gaan spreek eerder jou geneesheer. Onthou ook net dat ons hier met natuurlike produkte te doen het, en dat dit miskien ‘n rukkie langer sal neem om te werk.

Artritis
Gooi twee teelepels appelasyn en twee teelepels heuning in ‘n glas water (lou water), roer en drink drie keer per dag. Verder kan mens die aangetaste dele ook daagliks smeer met appelasyn.

Asma
Een teelepel appelasyn moet in ‘n glas water gegooi word. Die water moet dan drupsgewys vir die volgende halfuur gedrink word. Na ‘n verloop van ‘n vêrdere halfuur moet weer ‘n glas appelasyn water gedrink word. Hierdie sal ek net aanbeveel in ‘n noodgeval wanneer medikasie nie beskikbaar is nie.

Bloedverlies
Wanneer jou neus sonder enige rede begin bloei of jy bloei redelik lank as jy jouself gesny het kan dit beteken dat jou bloed se natuurlike stollings middel moet so ‘n bietjie opgebou word. Neem twee teelepels appelasyn in ‘n glas water drie keer per dag. 

Diarree
Neem twee glase water met een teelepel appelasyn daarin voor en na elke ete. 

Duiseligheid
Neem twee teelepels appelasyn saam met twee teelepels heuning drie maal per dag. Binnekort sal jy sommer weer perdfris wees. 

Hoes buie
Hoes buie kan deur baie dinge veroorsaak word. Maar as dit net sommer ‘n irriterende hoes is neem twee teelepels appelasyn en twee teelepels heuning in lou water drie keer per dag voor etes of wanneer die hoesbui begin. Hou gerus so ‘n glas muti langs die bed ingeval jy in die nag begin hoes.

Hooikoors
Sowat twee weke voordat die hooikoors seisoen begin moet jy een teelepel heuning neem na elke maal. Daarna moet jy drie keer per dag na ete ‘n teelepel heuning saam met een teelepel appelasyn in ‘n glas lou water neem.

Haar verlies
Neem een teelepel appelasyn in ‘n glas water, saam of net na etes. Binne twee maande sal die haar verlies sy moses teëkom.

Moegheid en slaaploosheid
Neem twee teelepels appelasyn saam met twee teelepels heuning sowat 1 uur voor jy gaan slaap. Voor jy jou oë uitvee is jy aan die slaap. Indien jy na ‘n uur nog wakker is moet jy weer die dosis herhaal.




Print Friendly, PDF & Email
(Visited 186 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *