Hoofstuk 5 (Vis) ~ Gestoofde Perlemoen, No 2

Haal die perlemoen uit die skulp en kneus dit met ‘n houthammer. Sny dit in dobbelsteentjies en sit dit in ‘n pot met ‘n klein blaartjie foelie (Sien Woordeboek) ‘n bietjie gerasperde neut, ‘n knypie peper, 1 klein uitjie fyngesny en ‘n bottel water. laat dit stadig gaar stowe. Roer nou daar ‘n klont botter in en voeg ook ‘n knypie sout en ‘n kelkie wyn of suurlemoensap daarby. Roer dit goed om en laat dit weer opkook.

(Visited 81 times, 1 visits today)
Advertisements

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui