Ek en my meester het mekaar ontmoet op n koue wintersaand in die middel van die winter, jy het daar gestaan in n ry, Bang, bevrees, die koperaals het op jou geskree, ooh my hart het uitgegaan na jou toe, deurmekaar hare, groot groen oé kyk rond, Skuif aan vat jou boots, troep hier is jou overoll , web belt, toemaar my Makker ek is hier op die punt, hulle gaan nou , my vir jou gee, naam, Rang, No, troep jy beter jou fokken no uit jou kop ken hoor jy my jou slangdreksel Hier is jou Boshoed, beter agter die fokken ding kyk, hy gaan nog jou lewe red, uiteindelik is ons by die stoor uit, kom takhaar jy moet jou hare sny, ag jy weet sy hare is so mooi, ek sou dit mooi van die son kon beskerm, af is die hare, hy vat my en trek my so diep oor sy kop as of hy skaam is oor hoe sy hare afgesny is , kaalkop en dit is kous, nou op pad medies toe, uit met die klere net in onderbroek en boshoed staan ons in n ry, ek hou van die laaitjie, hel maar hy is klein, en maer , het sy mense nie hom gevoer nie.

Rou snikke het hy so still ge huil het sout van sy trane, toemaar Maatjie ons al olraait wees, Gaan hy dit ooit kan maak, ek dink hy gaan vrek, G1k1 maak hulle hom, niks fout met die klong nie, ek het gehoor by die Oumanne se Boshoedens dit is erg op die grens, nou die dag het hulle saam met n klomp troepe wat in n land myn ontploffing was en toe ook nog deur n Rpg getref is, ek is so bang, hoor hulle is wreed. En vat die Cubane en Russiese instrukteers hulle leer hoe oms dood te maak, nou nou vat hulle my en ek moet dan op n Terroris se kop sit,ons is bungelow toe, polish en skoon maak, ek word nat gemaak het nie houding nie,word gevorm, my makker is moeg hy lê sommer op die grond nou is ek sy kussing hy rus, mamma ek sal hom oppas hy le met sy kop op my, ek hou die koue vloer van sy kop af, 

Ooooh hel dit is 5h00 het eers 03h00 gaan slaap, Trek my so laag oor sy ore, dit so koud, ons borsel gou tande so op die hardloop, ontbyt toe, elke dag gaan dit beter, ek die klong is nou goeie maats, ons doen alles saam , so pas gehoor ons gaan kroonstad toe vir JL’s, hoor dit is hell daar, ons het op Bossiespruit gekom en begin baie klasse en leer, hardloop die 2,4 ek moet uitsit hier, verlang al klaar na my makker,ek hoor van my ander familie, hule ry saam in Buffels en die Karoo son brand hulle so, ek is ook al sontaai gebrand, ons is versprei deur die hele weermag van Parabats tot by die tiffies, raak n bietjie vuil daar, maar ons veg in die weermag, party is by Leerhk hoor dit gaan maar rof daar, 

Ons het ons eerste troepe gekry, op pad grens toe , het laat hier by Waterkloof aan gekom, sho maar daai flossie vlug was erg, ons was bang, hy het my gister aand so tussen sy hande vas ge-klou en ge-bid dat hy veilig terug gaan kom na sy mense, vee sy trane met my af, hy lê nou oo sy Balsak en slaap ek rus so op sy voorkop maak sy oë toe ,Sector 10 Oshakati, 25 veld, terug Hk toe hoor ons gaan saam met verskillende patrollies uitgaan vir sogenaamde Map up dating, uit in die bos weer terug ag, wel hy sug en slaap, ons loop patrolie nou vee vir land myne, hel dit is warm , ek hou sy kop koel, droog sy sweet op, water is skaars het nou hier op n Shonna afgekom, skep die water met my, hou hom so onderstebo, en drip in sy waterbottel in, nou eers die water kook on firebucket , ek is nou weer op sy kop. 

Slaap vanaand in die bos, gebruik my somme rom sy firebucket van sy etsibet stoffie aftehaal, ons het vandag n land myne getrap,het my gebruik om sy Makker sê bloed te stol met my,nadat hy ge-casavac is ek gewas en all die bloed is verwyder van my af, ons is i mil hospitaal toe het sy beken gebreek op 11 plekke en in traksie vir ses maande om die heupe reguit tetrek, ek slaap nog elke aand onder kop bo- op die kussing,het al drie operasies gehad om die scrapnel te verwyder, word nou ontslaan uit die hospitaal, dink ons gaan uitgeklaar raak, terug by 47 survey,

Gaan volgende maand terug grens toe,die keer Katima toe, eers Ondangwa da n tree top hight vlug na Katima, ons raporteer by hk, hy vee die sweet met af, wring my in sy hande, kan voel hoe sy hardklop vinniger raak, sweet nou baie, ons moet n buffel vat Marine base Wenela toe,ons is damaged goods, doen nou watre purfication by die basis, pas pompe op,Maak seker die swembad is skoon en vol, nie meer goed genoeg vir padvee nie, ons heupe pyn, kopseer, opgewonde môre vat ons die barge eiland toe, word nou baie natgemaak hou sy kop koel,Maj Spykerman het my kom haal, ek gaan nou uitklaar en ek vat hierdie stupid troep saam,nou word ek gebere in sy Balsak, ek verlang. Na my troepie, 

Word nan môre wakker, hy het my uitgehaal en ek en my troepie is weer saam, hoor hy is getroud met drie kinders,laat in die nag, word ek op gesit, “Gaan gou kyk of die toerusting nie gesteel word nie, maar ons ry net tot by die rivier. Hier huil hy en vee sy trane met my af, Miss my makkers, koue angs sweet, so by 3h00 , begin bewe, bene raak lam, kinders van my makker raak nou groot,Hoor van die orde van die Boshoed, hell ek is opgewonde gaan my makkers ontmoet, uiteindelik ek en my Troepie is nou all 34 jaar saam, Daar is n ere plekkie vir ons Boshoedjies,ons was, Makkers,Mammas, Pappas, confidant, Kapilaan, beste maatjies, drinker broers, soldaat, saam gewees. Ons die Boshoed is die eerste Makker gewees en sal die laaste Makker wees.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 181 times, 1 visits today)
 

2 Thoughts on “My Boshoed

  1. Johnnie van Blerk on August 9, 2017 at 10:39 AM said:

    My boshoed gaan altyd same met my, maar hy like dit as ons gaan vis vang nou hy’s slim gerak stry met my vrou ook ??

     

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation