SOET MALEISE KERRIE

2 lourierblare 
4 heel naeltjies 
4 heel, rooi brandrissies 
6 groot huisies knoffel 
3 kaneelstokkies, in kleiner stukkies gebreek 
50ml sonneblomolie 
2 groot uie, in ringe gesny 
30ml goeie kerriepoeier 
15ml borrie 
1,4kg maer stowelamsvleis 
15ml masala 
15ml suurlemoensap 
60 – 90ml appelkoos- of perskekonfyt 
600ml voorbereide lam- of beesaftreksel 
500g Mcain Mixed Vegetables 
400g McCain Potato Wedges 
65ml grofgekapte koljanderblare 

Verwerk of stamp lourierblare, naeltjies, brandrissies, knoffel en kaneel in ‘n vysel en stamper tot fyn. Verhit olie in ‘n groot kastrol en voeg mengsel, uie, kerrie poeier en borrie by. Soteer tot geurig en voeg vleis by. Verbruin liggies en bedek met ‘n styfpassende deksel. Laat prut oor baie lae hitte; omtrent 1 tot 1½ uur. Die vleis trek gewoonlik genoeg water om in te prut, maar voeg af en toe ‘n paar lepels kookwater by indien werklik nodig. Wanneer vleis sag is, voeg masala, suurlemoensap, konfyt, aftreksel, McCain groente en aartappelwiggies by. Laat prut vir ‘n verdere 15 minute of tot groente gaar is. Indien nodig, verhoog hitte, verwyder deksel en kook vinnig tot sous goed ingedamp het en lekker klewerig is Besprinkel met koljander en bedien met Basmati-rys en ‘n verskeidenheid gemengde sambals. 
Bedien 6 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,635 times, 4 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *