Ongelukkig weet ek nie waar die resep vandaan kom nie, As dit jou resep is stuur epoas aan my en ek gee jou krediet.

Bestanddele 
2 pakke Tennis beskuitjies       
1 liter melk
Kwart koppie suiker                  
1 eier
1 blik Kondensmelk                    
1 hoogvol eetlepel vlapoeier
2 eetlepels maizena                     
knippie sout

Metode 
Verhit melk en kondensmelk tot kookpunt.
Maak pasta van vla, maizena, suiker en eier.
Voeg  pasta stadig by kookmelk en roer aanhoudend tot verdik.
Hou 2 beskuitjies(of meer) en krummel dit vir garnering bo-op tert
Plaas laag beskuitjies onderin tertbak, skep laag melkpap bo-op,
herhaal lae tot alles opgebruik is, eindig met melkpap laag.
Strooi kaneel en gekrummelde beskuitjies bo-op en plaas in yskas
om af te koel en te stol.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 210 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Post Navigation