Getuienis van ‘n Haarkapster

So ‘n week gelede het my vrou vir my gesê my hare kort ‘n sny. Ek waardeer dit as sy dit vir my sê aangesien ek nie myself kan sien nie. In kort ek en ‘n spieël is nie maats nie. Ek het vir my vrou gesê dat ek Vrydag gaan hare sny.

Om haar te verras besluit ek om Donderdag naby my werk te gaan hare sny in plaas van my gewone haarkapper naby aan die huis. 

Toe ek voor die haarkapper stop kom die haarkapster uit en wil net buite op ‘n bankie gaan sit. Ek sê vir haar dat ek jammer is dat ek haar rustige oomblik opbreek, Sy antwoord toe dat sy wou gaan rook.

As ‘n eks roker vertel ek haar dat die beste ding wat ek gedoen het was om op te hou rook. Haar antwoord daarop was ek was ‘n “Druggie” en ek het begin rook ek is al af van sestig ‘n dag tot 20 per dag.

Sy het ‘n paar jaar gelede haar verloofde aan die dood afgestaan. Sy kon nie die harsteer en die pyn nie verwerk nie, Die maklikste uitweg vir haar was om dwelmmiddels te gebruik. Sy het ‘n jaar en ‘n half dwelms gebruik. Een Sondag oggend het sy opgestaan en na ‘n kerk gegaan naby aan haar. Sy vertel my dat sy so in die kekrk gesit het en gebid het dat die Here haar moet help met haar probleem.

Na die diens het sy opgestaan en uitgeloop. Daardie Sondag het sy opgehou om dwelms te gebruik. Die Here het haar gebed verhoor en haar gehelp. Sy het nie eers ontrekkings gehad nie of nooit weer die behoefte gehad om dwelms te gebruik nie.

Die Here is groot en wanneer jy werklik jouself na God keer sal Hy nie sy rug op jou draai nie, maar Hy sal jou help. 

(Visited 79 times, 1 visits today)
Advertisements

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui